
Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek.
In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek. Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het. Hy het sy vrou Sarai en sy broerskind Lot en al die besittings wat hulle bymekaargemaak het en al die slawe wat hulle in Haran aangeskaf het, saamgevat en hulle het weggetrek na Kanaän toe.
Nadat hulle in Kanaän aangekom het, het Abram deur die land getrek tot by Sigem se aanbiddingsplek by die groot waarsêersboom. In daardie tyd het die Kanaäniete die land bewoon.
Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.”
Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het. Van daar af het Abram verder getrek na die bergwêreld toe, oos van Bet-El, waar hy tent opgeslaan het met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou en die Naam van die Here aangeroep.
Toe het Abram kamp opgebreek en al gaande na die Suidland toe versit. Daar was hongersnood in die land, 'n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar 'n heenkome te vind. -Gen 12:1-10- (ANV)
Armer, armste!Lukas 14Sommige navorsers bereken dat tot soveel as 200 miljoen Christene op verskillende plekke in die wêreld tans in uiterste armoede leef. Dit gebeur te midde van 40% van die wêreldbevolking wat reeds onder die broodlyn van sowat $2 per dag leef. HIV/Vigs is vandag die lot van duskant 50 miljoen mense, terwyl baie meer as 14 miljoen kinders reeds een of beide ouers vanweë hierdie pandemie verloor het. Boonop het 376 miljoen kinders op hierdie einste oomblik geen skoon water om te drink nie, terwyl 'n hele 265 miljoen kinders regoor die wêreld nog nie teen ernstige siektes ingeënt is nie. So lyk 'n vinnige fotobeeld van die wêreld waarbinne ons daagliks leef. Hoe kan ons hierdie oorweldigende nood rondom ons aanspreek? Wel, die oplossing begin met Christus se liefde wat ons eie harte laat vuurwarm klop vir mense wat swaakry en broodgebrek ly. Dit begin teen die spoed van een klein daad van omgee op 'n slag. Dit begin waar ons stilweg betrokke raak by groepe en kerke wat in die voorste linies in ons land en elders in die wêreld by noodverligting betrokke is. Daar's regtig geen verskoning om nie iewers aan te meld vir diens nie. Om te help is regtig so eenvoudig soos om jou beursie oop te maak sodat iemand se maag vandag weer kan vol word. Of om 'n stukkie tyd af te staan om iewers te gaan dien. Doen wat Jesus sê in Lukas 14: nooi 'n slag die armes, kreupeles, lammes en blindes iewers vir 'n feesmaal. Doen ook wat Paulus in Handelinge 20:35 sê: werk hard sodat die armes ook iets het om te eet. |
|
GebedLees Lukas 14 aandagtig deur. Vra dat dit wat Christus daar leer oor nederigheid en oor hoe ons jeens mense in nood moet optree in jou lewe sal gestalte vind. |
-1- Op 'n sabbatdag toe Jesus na die huis van 'n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou.
-2- Reg voor Hom was daar 'n man wat aan water gely het.
-3- Jesus praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?”
-4- Maar hulle het stilgebly. Toe trek Jesus die sieke nader, maak hom gesond en laat hom gaan.
-5- Daarna sê Hy vir hulle: “Sê nou 'n seun of 'n bees van een van julle val in 'n put, sal hy hom nie dadelik uithaal nie, al is dit op 'n sabbatdag?”
-6- Hulle kon daar niks op antwoord nie.
-7- Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis:
-8- “As iemand jou na 'n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy.
-9- Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem.
-10- Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg.
-11- Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”
-12- Hy het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand 'n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie.
-13- Nee, as jy 'n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes.
-14- Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”
-15- Een van dié wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesê: “Gelukkig is die man wat aan die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem.”
-16- Toe sê Jesus vir hom: “Daar was 'n man wat 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het.
-17- Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê: ‘Kom, die maaltyd staan klaar.’
-18- Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. Die eerste sê vir hom: ‘Ek het 'n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.’
-19- 'n Ander een sê: ‘Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u verskoon my asseblief.’
-20- Nog 'n ander een sê: ‘Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.’
-21- Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’
-22- Later kom die slaaf sê: ‘Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.’
-23- Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word.
-24- Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.’
-25- 'n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle:
-26- As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.
-27- Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.
-28- Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?
-29- Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.
-30- Hulle sal sê: ‘Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’
-31- Of watter koning wat met 'n ander koning in 'n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie?
-32- Anders stuur hy 'n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is.
-33- So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.
-34- Sout is 'n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word?
-35- Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!”
Wie 'n arme se noodkreet ignoreer, sal eendag self in die moeilikheid wees. Maar dan sal niemand help nie.
-1- Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke,
-2- want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here!
Byvoorbeeld, veronderstel iemand het alles wat hy nodig het. Hy kom egter agter dat 'n medegelowige eenvoudig nie genoeg het om oor die weg te kom nie. Wat nou gemaak? Wel, as die persoon wat genoeg het, meen die nood van die ander een raak hom nie en ongevoelig daarby verbykyk, flits die rooi ligte. Daardie persoon tree eenvoudig nie op uit die liefde wat van God kom nie. My liewe kinders, ons liefde moenie net uit 'n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is.
Wie goed is vir die arme, maak eintlik 'n lening aan die Here. Op sy eie tyd en manier sal Hy hierdie goeie daad beloon.
Mercy to the needy is a loan to GOD, and GOD pays back those loans in full.